Video: Kettingbotsings in digte mis
Net soos soos in die rolprent Final Destination, het 75 voertuie, en drie trokke vanoggend ongeveer drie kilometer verby die Middelburg Tolplaza gebots.
Die oorsaak van die ongeluk is digte mis wat oor die area toegesak het.
Wie presies die kettingreaksie veroorsaak het, moet nog ondersoek word. Niemand is tydens dié kettingbotsing dood nie maar verskeie mense is vir beserings na nabye hospitale vervoer.
Slegs een persoon is ernstig beseer.
Nie lank na die ongeluk nie, was daar sprake van nog vier ander kettingbotsings in die omgewing. Een ongeveer twee kilometer vanaf die kettingbotsing en nog een op die N12 hoofweg.
Volgens die kommunikasie woordvoerder van Trac, me. Solange Soares-Nicholson, was die roete vir nagenoeg twee ure gesluit.
Die N12 was teen saktyd steeds gesluit.
Lees nog verwante stories:
Update: Six die after horror accident
Lees opvolg berig hier:
Opvolg: Trok voorkom nog ongelukke
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!