Video: Morsjorse ontsier parkies
Ons dorp se parkies spog die afgelope paar maande met verskeie nuwe apparate en piekniekplekke, maar morsjorse ontsier dit.
Boonop raas die morsjorse só dat inwoners naby die parkies gereeld daaroor kla.
Daar word veral gekla oor die gemors by die Lions Park in Kanonkop, asook die parkie in Pongolastraat naby die Vergeet-My-Nie Aftree-oord.
‘n Inwoner naby die parkie in Aerorand (wat anoniem wil bly) sê dat daar gereeld partytjies in die park gehou word. Buiten dat die groepe luidrugtig raak en drank misbruik, gooi hulle sommer die bottels stukkend as daar klaar gefuif is. “Ons kinders kan glad nie meer kaalvoet daar loop nie!”
Hy het ook gekla oor ‘n kerkgroep wat gereeld in die parkie byeen kom. “Daar word dromme geslaan en die musiek word met ‘n kragopwekker kliphard aangesit.
Ek het nie ‘n probleem dat hulle dit doen nie, maar is dit nodig dat daar so geraas word en al die vullis dan net so gelos word?”
Die man het genoem dat hy skofte werk “en dat hy bykans nooit rus kry met die lawaai nie!”
Om kommentaar te lewer op die berig SMS die woord park na 37940.