Die omgewing omgedolwe
Nog 'n paar plase in die distrik sal binnekort deurboor word op soek na ondergrondse rykdom.
Die maatskappy MultiGreat Mine Consulting het in ‘n kennisgewing geadverteer dat die Departement van Minerale en Energie die aansoek van Black Royalty Minerals, om te prospekteer vir steenkool en grys, toegestaan het.
Hul visier is op gedeeltes van die plase Geluk, Halfgewonnen, Middelkraal, Schurwekop en Vlakkuilen.
By navraag het MultiGreat Mine Consulting laat weet dat die prospektering eers sal begin wanneer die lisensie toegestaan word en dat hulle nog in die konsultasie fase is.
Effe misleidend as jy na die advertensie kyk wat lei “Please be informed that the company Black Royalty Minerals (PTY) LTD has lodged an application for prospecting right on the above mentioned Farm and has been accepted.”
Volgens kaarte verskaf deur MultiGreat Mine Consulting, strek die beplande area oor die Middelburg, Secunda en Ermelo munisipale distrikte.
Belanghebbendes en grondeienaars wat wil deel in die gesprek word versoek om MultiGreat Mine Consulting te kontak by 012 771 7177 or 012 323 4814.
Daar is onlangs berig dat ‘n ander mynmaatskappy, Ntsako Coal, aansoek gedoen het om op 39 gedeeltes van Rondebosch te prospekteer.
