Waarskuwing: Video het grafiese inhoud – Man neem aanrandingstoneel af, sterf later

Louie van der Ahee gaan dalk 'uit die graf' sorg dat die twee mans wat hom so erg aangerand het dat hy later dood is, aan die pen ry.

Die polisie in Middelburg ondersoek ’n saak van moord nadat die pa van ’n bekende sakefamilie Woensdagaand oorlede is.

Louie van der Ahee is Sondagaand in sy kamer op Hermansdal Landgoed deur twee mans aangerand. Sy poniestert is in die aanval met ’n mes afgesny, terwyl hy ook geslaan en geskop is.

Hy het van die landgoed af gevlug en ’n kollega, Eugene Opperman, Sondag om 21:00 geskakel en vertel van die gebeure.

Van der Ahee het ook ’n video aan Opperman gestuur, waarin hy die bloed op kamer 26 se vloer by die Hermansdal Landgoed wys. Voordat Van der Ahee ’n video neem waar sy aanvaller bly, wys hy sy twee voortande op ’n kas. Albei sy tande is tydens die aanval uitgeslaan of geskop.

Hy is Maandag dokter en tandarts toe vir behandeling en moes Dinsdag terug dorp toe, om sy voorskrif in te dien. Hy het toe by Pieta’s Pub gestop vir ’n glas water ‘omdat hy skielik nie lekker gevoel het nie’.

By die kroeg het Van der Ahee begin opgooi en bleek geraak, waarna die kroegdame vir Opperman geskakel het.

Terwyl Opperman met Van der Ahee gepraat het, het laasgenoemde sy bewussyn verloor en daar is met hom hospitaal toe gejaag. By die hospitaal moes sy skedel oopgesny word om die drukking op sy brein te verlig.

Sy twee seuns, HJ en Michael, was aan hulle pa se sy tot sy afsterwe omstreeks 22:00 Woensdagaand.

Die broer van ’n werker van die landgoed is reeds gearresteer.

Van der Ahee sê ook in die video dat ’n ‘Brian’ een van sy aanvallers is. Middelburg Observer het die man probeer kontak, maar sy selfoon is sedert gisteraand beset.

Van der Ahee se seun HJ wou nie kommentaar lewer nie en sê die polisie-ondersoek moet sy gang gaan.

Van der Ahee en Opperman werk beide in die mynbedryf. Die eienaars van Hermansdal se landlyn het aanhoudend gelui, sonder om beantwoord te word.

• Die mans wat verdink word van die moord kan nie geïdentifiseer word voordat hulle in die hof verskyn het nie.

@middelburgobserver

Man takes video of scene where he was assaulted before he succumbed to his injuries

♬ original sound – MiddelburgObserver

Read original story on mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button