Mabalingwe reservaat ontruim na verwoestende brand uitbreek

Volgens ‘n plaaslike Bela-Bela raadslid is talle van die reservaat se huise reeds in die brand verwoes.

Vakansiegangers wat beplan het om die langnaweek by Mabalingwe naby Bela-Bela te spandeer, se vakansie is kortgeknip na ‘n verwoestende brand gister by die reservaat uitgebreek het.

Jeedee Cloete, Vryheidsfront Plus raadslid van Wyk 1, sê spanne werk sedert gistermiddag onverpoos om die vlamme te probeer blus. Die sterk wind bemoeilik die spanne se taak.

Talle huise het glo reeds in die slag gebly en daar is opdrag gegee dat die reservaat ontruim moet word.

Cloete sê dat dit hartseer is om soveel Gauteng motors van besoekers op die pad teë te kom.

Besighede en inwoners van Bela-Bela het blitsvinnig saamgespan om te help waar hulle kan en daar is ‘n bakkievrag kos, water en koeldrank geskenk om brandbestryders te help.

 

Read original story on diepos.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button