3 Vrystaters sterf toe bakkie in Vaalrivier beland
Reddingswerkers het vir ure gespook om die voertuig uit die rivier te haal, en al die insittendes is op die toneel dood verklaar.
Polisielede, reddingswekers en Prinsloo Recovery het gister net voor 14:00 daarin geslaag om ‘n bakkie uit die Vaalrivier te haal, nadat dié voertuig in die vroeë oggendure net buite Oranjeville van ‘n brug afgery en in die rivier beland het.
Die drie insittendes is van Harrismith in die Vrystaat, en het huiswaarts gekeer ná ‘n sokkerwedstryd. Hulle het van Frankfort in die rigting van Oranjeville gery toe die ongeluk om ongeveer 01:00 plaasgevind het.

Polisieduikers van Bloemfontein en Welkom asook die polisie se K9- en Soek- en reddingseenhede van Sasolburg en Welkom is na die toneel ontbied waar daar vir ure gesukkel is om die voertuig uit die water te kry.
Die insittendes van die voertuig is op die toneel dood verklaar.
Hulle identiteite kan nog nie bekend gemaak word nie.

Read original story on www.citizen.co.za