Vereeniging-kind (9) glo verkoop vir seks: Ma, kêrel en ander man in hegtenis

'n Man en vrou is op aanklagte van mensehandel in hegtenis geneem, terwyl 'n derde 'n klag van verkragting in die gesig staar.

’n Gruweldaad in Leeuhof, Vereeniging, het daartoe gelei dat drie mense vandag in hegtenis geneem is.

Aanvanklik is ‘n 36-jarige ma in hegtenis geneem vir mensehandel nadat sy glo haar nege-jarige dogtertjie aan mans uitverhuur het vir seks.

Daar word beweer dat dit reeds die afgelope twee jaar gebeur.

‘n Verdagte sou na bewering die ma en haar dogter by ‘n kafee in Leeuhof optel en hulle dan na ‘n plek in De Deur neem.

Hier sou die verdagte eers met die ma seks gehad het en daarna die dogtertjie verkrag het.

Vandag, ure ná die ma gearresteer is, is haar saamleefmaat (31) en ‘n derde verdagte ook in hegtenis geneem.

Vaalweekblad verstaan dat die vrou en haar saamleefmaat glo die inkomste van die mensehandel gedeel het. ‘n Saak van mensehandel word dus ook nou teen die saamleefmaat ondersoek.

Die derde verdagte, ‘n volwasse man, word van verkragting aangekla aangesien hy na bewering seks met die minderjarige gehad het.

Al drie sal na verwagting Vrydag in die Vereeniging-landdroshof op verskyn.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button