Verbetering na Mpupmalanga seun in kop geskiet is
Die seun en sy boeties was alleen by die huis ‘n rower hom deur die kop geskiet het.
Dit gaan al hoe beter met die negejarige seun wat Woensdag by sy huis in Witrivier in die kop geskiet is.
Volgens inligting was die seun en sy twee boeties by die huis toe hulle ‘n geluid gehoor het. Terwyl die twee ouer seuns na buite is was daar ‘n geweerskoot en het hulle daarna hul boetie in ‘n plas bloed op die badkamervloer aangetref.
Daar word steeds gesoek na ‘n verdagte, wat in ‘n swart hemp en broek aangehad het tydens die voorval. Die vermeende rower het daarin geslaag om ‘n grootskaalse soektog, wat sowat 40 sekuriteitsvoertuie en ‘n hommeltuig ingesluit het, te ontduik.
‘n Familiewoordvoerder het aan Netwerk 24 gesê dat die seun goeie vordering in die hospitaal maak en dalk binnekort uit die waakeenheid geskuif kan word.
Brig. Selvy Mohlala het vroeër bevestig dat daar ‘n 9mm projektiel op die toneel gevind is.
Read original story on www.citizen.co.za