Video: Klerksdorp-pa tydens gewapende roof in gesig geskiet
'n Pa van drie se kakebeen is vergruis nadat twee gewapende rowers op hom en vriende losgebrand het.
‘n Klerksdorp-pa van drie seuns is Saterdagoggend tydens ‘n gewapende roof geskiet.
Fritz Smit (36) is in sy gesig geskiet en sy kakebeen is vergruis.
‘n Plasing op die Potchefstroom First Responders Facebook-blad wys beeldmateriaal waar Smit en twee vriende in ‘n huis in Klerksdorp kuier. Die video wys twee gewapende rowers wat teen 02:52 in dié huis inloop waarna Smit geskiet is.
Sien die plasing en video hier.
Smit behoort nie tot ‘n mediese fonds nie en enige skenkings om sy mediese koste te help dek sal waardeer word.
Skenkings kan in die volgende rekening inbetaal word:
- Bank: Capitec Bank
- Rekeninghouer: Mev A Smit
- Rekeningnommer: 168 782 9258
- Tipe rekening: Spaarrekening
- Verwysing: Fritz Mediese Uitgawes
Luitenant Kolonel Amanda Funani sê ‘n saak van poging tot moord word ondersoek. Sy sê niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die motief vir die skietery is onbekend.
* Hierdie berig is aangepas vandat dit aanvanklik gepubliseer is.
Read original story on www.citizen.co.za