Video: Klerksdorp-pa tydens gewapende roof in gesig geskiet
'n 36-jarige Klerksdorp pa se kakebeen is vergruis nadat twee gewapende rowers op hom en vriende losgebrand het.
‘n Klerksdorpse pa van drie seuns, is tydens ‘n gewapende roof geskiet.
Fritz Smit (36) is in sy gesig geskiet en sy kakebeen is vergruis.
‘n Plasing op die Potchefstroom First Responders Facebook-blad wys beeldmateriaal waar Smit en twee vriende in die huis kuier. Die video wys twee gewapende rowers 02:52 Saterdagoggend, 24 Februarie in die huis inloop waarna Smit geskiet is.
Luitenant Kolonel Amanda Funani noem dat ‘n saak van poging tot moord ondersoek word. Lt. Kol. Funani sê verder dat tot op hede geen arrestasies gemaak is nie en dat die motief agter die gebeurtenis steeds onbekend is.
Smit het nie ‘n mediese fonds om sy mediese rekeninge te dek nie en enige skenkings om dit te help dek sal baie waardeer word deur sy familie.
Skenkings kan in die volgende rekening inbetaal word:
- Bank: Capitec Bank
- Rekeninghouer: Mev A Smit
- Rekeningnommer: 168 782 9258
- Tipe rekening: Spaarrekening
- Verwysing: Fritz Mediese Uitgawes