Groblersdal-saak: Devon Hofmeyr en kie weer in hof

Die sake wat uitspruit nadat 'n werker deur 'n sekuriteitshond gebyt is, het vandag in die plaaslike landdroshof voortgeduur.

Anders as vorige hofverskynings, was vandag se hofverrigtinge in Groblersdal waar Piet Groenewald en sy skoonseun Stephan Greeff op klagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer, vlugtig afgehandel.

Groenewald en Greeff word van die aanranding op ’n werknemer van Wildlife Investigation and Protection Services (Wips), wat aan Groenewald behoort, aangekla.

Die slagoffer – wie net vyf dae vir Wips op Groenewald se plaas gewerk het – is, volgens die beskuldigdes, aangespreek omdat hy glo besope aan diens was.

Hy is na die Wips-kantore geneem waar hy beweer Groenewald en Greeff hom aangerand het, en hy ook deur een van hulle sekuriteitshonde gebyt is.

Hulle was aanvanklik aangekla van poging tot moord, maar die staat se saak was te swak en die klagtes is weer na aanranding toe terug verander.

Groenewald en Greeff se arrestasie het landwyd opslae gemaak, wat tot betoging buite die hof gelei het.

Vyf van hul ondersteuners, die Bittereinders se Francois van der Merwe en Devon Hofmeyr, is tesame met Tewie Wessels, Dries Olivier en Willem Petzer gearresteer vir opsweping tot openbare geweld buite die hof.

Van der Merwe, Hofmeyr, Wessels, Olivier en Petzer het ook vandag in die Groblersdal-landdroshof verskyn op die klagtes teen hulle.

Francois van der Merwe, Willem Petzer, Devon Hofmeyr, Tewie Wessels en Dries Olivier.

Groenewald en Greeff sal weer op 8 Mei in die hof verskyn waar ’n verhoordatum vasgestel sal word. Van der Merwe, Hofmeyr, Wessels, Olivier en Petzer moet die dag daarna weer ’n verskyning maak.

Al die beskuldigdes in beide sake ontken die klagtes teen hulle.

In hofstukke is daar gemeld dat die beskuldigdes vervolg word vir politieke gewin, met selfs Minister van Polisie Bheki Cele en Justisie Minister Ronald Lamola wat ’n draai by vorige hofverskynings gaan maak het.

Groenewald en Greeff is steeds in aanhouding nadat borg geweier is.

Beide hofverrigtinge is wekelank uitgerek onder meer oor beurtkrag.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button