2 in hegtenis ná vrou se liggaam in oupa en ouma se huis ontdek is
Twee persone word binnekort in die hof verwag nadat 'n 29-jarige vrou van Heidelberg vermoor is.
Twee persone is gister in hegtenis geneem vir die moord op Linda Basson (29).
Die gemeenskap probeer nog sin maak van die sinnelose moord op dié geliefde inwoner van Bergsig, Heidelberg.
Linda se lewelose liggaam is op Dinsdag net na 17:00 in haar oupa en ouma se huis ontdek.
Sy het by haar grootouers gewoon.
Volgens inligting het ‘n familielid by die huis aangekom en onraad vermoed aangesien die huis glo deurmekaar was – iets wat nie gewoonlik gebeur nie.
‘n Buurvrou se hulp was ontbied waarna beide die huis deurgesoek en Linda se liggaam ontdek is.
Die SAPD het gister bekendgemaak dat twee persone in verband met die moord gearresteer is en binnekort in die hof sal verskyn.
Read original story on www.citizen.co.za