Jong man van Oudtshoorn skuldig bevind ná hy hom voor vrou (75) ontbloot

'n 19-jarige van Bongolethu staar tronkstraf in die gesig nadat hy homself voor 'n bejaarde vrou ontbloot het.

‘n Jong man van Bongolethu in Oudtshoorn, wat homself aan ‘n 75-jarige vrou ontbloot het, is verlede week in die streekhof aan ontbloting skuldig bevind en vonnisverrigtinge tot 19 Junie uitgestel.

Die 18-jarige het op 1 Februarie 2023 na hulle buurvrou se huis gegaan en vir ‘n bietjie water gevra om te drink.

Die vrou het getuig dat sy onrustig geword het toe hy lank aan die water gedrink het. Toe sy die deur wou toemaak het hy gekeer. Daarna het hy hom aan haar ontbloot.

Die jong man het ontken dat hy in die huis van die klaer was, maar sy ontkenning is deur die hof verwerp.

Streeklanddros Daniel Boks het die vrou wat haar kierie geneem en na die polisiestasie gestap het as ‘n geloofwaardige getuie bevind.

Vonnisoplegging is vir ‘n korrektiewe verslag uitgestel. Tronkstraf is ‘n moontlikheid.

Read original story on www.oudtshoorncourant.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button