Video: Jong Suid-Afrikaner sterf op Griekse eiland

Medelye stroom in ná die afsterwe van Benjamin Bezuidenhout (20) wie se liggaam Vrydagoggend gevind is.

Die 20-jarige, Benjamin Bezuidenhout, het Vrydagoggend naby die kus van die Griekse eiland Kefalonia gesterf. Hy het in 2022 by Hoërskool Knysna gematrikuleer.

Volgens sy ma Lualle Lessing, die eienaar van ʼn haarsalon in Garsfontein in Pretoria, was haar seun op sy gelukkigste in die water.

Benjamin het vermis geraak nadat hy in die water naby die katamaran waarop hy gewerk het, geduik het.

Sy liggaam is Vrydagoggend ná ʼn grootskaalse soektog gevind.

Kan 'n prent van 3 mense, mense wat gholf speel en teks wees
Foto: Knysna High School.

Intussen het medelye op sosiale media ingestroom. Verskeie vriende en familie het ook huldeblyk-videos gedeel.

Lessing het ‘n foto van Bezuidenhout gedeel waar hy glimlag onder water met die volgende opskrif:

“Dit is hoe jy gekies het om dieper vrede te vind my liefde. Jy het gelewe in die see, en jy het gesterwe in die see. Maar jy sal verewig aanhou lewe in my hart.”

Sy het ook onder meer op haar Facebook gesê sy het geweet Bezuidenhout het begin lewe toe sy voete land op die Griekse eiland.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button