Dwelmlaboratorium naby Groblersdal: 2 wag steeds vir uitspraak oor borgtog
Daar is steeds nie uitspraak gelewer in die borgaansoek van twee van die vyf beskuldigdes in die R2 miljard dwelmfabrieksaak nie.
Die vyf mans wat vandag weer in die Groblersdal-landdroshof verskyn het, nadat ’n dwelmlaboratorium op ’n plaas buite Groblersdal deur die Valke oopgevlek is, is reeds ’n maand in aanhouding.
Daar is weer nie uitspraak gelewer in twee van die beskuldigdes, Roelof Frederik Botha (57) en Simphiwe Melvin Khumalo (34), se borgtogaansoek nie.
Die ander beskuldigdes: Meksikaners Alejandro Gutierrez Lopez (43), Jorge Humberzo Gonzalez (53) en Ruben Vidal Rodriguez (44) het al tydens ’n vorige verskyning voorlopig hulle aansoeke om borg laat vaar.
Kruisondervraging is vandag deur die verdediging voortgesit vir die borgaansoek van Botha en Khumalo.
Vandag het die staat ook ’n aansoek ingedien om hulle saak te heropen, nadat nóg inligting navore gekom het.
Die landdros, Bogi Mashele, het die aansoek aanvaar aangesien dit duidelikheid sou bied vir sy besluit op die uitspraak van Botha en Khumalo se borgtogaansoek.
Kruisondervraging is daarna deur die verdediging voortgesit, waarna die saak na 3 September uitgestel is vir uitspraak.
- Die beskuldigdes staan tereg op klagtes van die vervaardig van onwettige dwelmmiddels, handeldryf in die middels, of alternatiewelik die besit daarvan, asook geldwassery.
Die staat voer aan dat hulle die beweerde misdade met ’n gemeenskaplike doel gepleeg het.
- Omdat die dwelms ’n geskatte waarde van meer as R1 miljard het, maak die klagtes deel uit van ’n skedule vyf oortreding, en staan die staat dus hulle borgtogaansoeke teen.
Read original story on www.citizen.co.za