Buitelander in Mosselbaai-hof ná meisie se verkragting
'n Meisie (11) is in Augustus op haar ouers se sitkamerbank verkrag, glo deur hulle buurman van Lesotho.
‘n Man van Lesotho sal vandag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van verkragting.
Die aanklag spruit uit ‘n voorval op 24 Augustus in Asla Park toe ‘n 11-jarige meisie na bewering deur die verdagte, ‘n buurman, op haar ouers se sitkamerbank verkrag is.
Die slagoffer se pa het op dié betrokke aand kort na middernag by die huis ingestap en die verdagte op heterdaad betrap.
Die pa het die verdagte in die huis toegesluit en kon die polisie, wat ‘n ander klagte bygewoon het, roep.
Die verdagte is sedert sy inhegtenisname in aanhouding.
Read original story on www.mosselbayadvertiser.com
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!