Bejaarde veg om lewe ná huisaanval in Vanderbijlpark

'n Bejaarde is kritiek beseer toe hy Vrydagoggend op 'n rower in sy huis in CW1 afgekom het.

Jurie Wessels (86), ‘n jarelange inwoner van die woonbuurt CW1 in Vanderbijlpark, is Vrydagoggend omstreeks 09:15 in sy huis deur ‘n inbreker aangerand.

Hy het op die rower afgekom nadat hy sy motor uit die motorhuis getrek het en weer die huis ingegaan het vir sy selfoon en beursie.

Die inbreker het van die agterkant die huis betree.

‘n Worsteling het ontstaan en Wessels het verskeie kopwonde opgedoen.

Sy noodkrete het die die bure se aandag getrek.

Verskeie polisievoertuie was gou op die toneel. Wessels is tans in die intensiewe sorgeenheid van ‘n plaaslike hospitaal.

Hy woon al vir dekades in die omgewing van Laerskool Frikkie Meyer en is een van NG Moedergemeente se oudste lidmate.

Hy was nog altyd die een wat ander in die hospitaal besoek het.

“Ons kan nou net bid, glo en vertrou,” het sy dogter Rachel Willemse aan Vaalweekblad gesê.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button