Vlak graf in Heidelberg: Moordbeskuldigde staar nog ‘n klag in die gesig

Moordbeskuldigde Jaén-Lee Pyne (30) was gister terug in die hof oor 'n tweede moordklagte ná die ontdekking van 'n lyk in Arnoldistraat.

Jaén-Lee Pyne (30) wat Donderdag weer in hegtenis geneem was nadat borg op 24 Oktober in die Hooggeregshof in Pretoria aan hom toegeken is, het gister weer in die Heidelberg-landdroshof verskyn.

Hy staar ‘n tweede aanklag van moord in die gesig asook ‘n aanklag van dwarsboming van die gereg. Hy is nie gevra om te pleit nie.

Dit volg na die opgrawing van ‘n lyk in ‘n vlak graf in Arnoldistraat verlede week, ’n perseel wat Pyne na bewering voorheen gehuur het.

Twee ander aanklagte was ook aanhangig gemaak maar kan nog nie bekendgemaak word totdat Pyne in die hof gepleit het nie.

Die verdediging het aangevoer dat hulle twee aanklagte betwis.

Pyne is oorspronklik in Julie inhegtenis geneem in verband met die moord op Etienne du Preez en poging tot moord van Flip Minnaar in Ueckermannstraat.

Die oorspronklike saak word volgende Dinsdag in dieselfde landdroshof aangehoor.

Pyne het tydens gister se hofsitting aangevoer dat hy nie veilig voel nie en vir sy lewe vrees nadat hy gedreig was.

Hy sal in aanhouding bly tot sy volgende verskyning.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button