Grootouers, kleinkinders onder 8 wat sterf toe stroom bakkie meesleur by Heilbron

Die oorledenes is Sondag as vermis aangemeld nadat hulle nie hul eindbestemming op ’n plaas buite Heilbron bereik het nie.

Polisieduikers het gister die liggame van vier volwassenes en vier kinders, waarvan die jongste twee jaar oud is, uit die Kliprivier gehaal na ‘n tragedie wat hom oor die naweek buite Heilbron afgespeel het.

Die bakkie waarin die agt insittendes, ‘n oupa, ouma en hul kleinkinders – twee 10-jarige seuns, en ‘n 14-jarige dogter – asook ’n egpaar en hul 2-jarige dogtertjie was, is vermoedelik Saterdagaand deur vloedwater op ‘n laagwaterbrug  meegesleur.

Polisiewoordvoerder kapt. Loraine Earle sê volgens die voorlopige ondersoek het die oorledenes Saterdagmiddag vanaf Heilbron gery, maar het nooit hul bestemming op ‘n plaas in die Heilbron-distrik bereik nie.

Hulle is Sondagaand as vermis aangemeld en die polisie het daarna met ‘n grootskaalse soektog begin.

’n Boer het gisteroggend ‘n voertuig in ‘n stroom opgemerk en dit aangemeld waarna soek-en-reddingshonde en hul hanteerders sowel as polisieduikers na die toneel is.

Die oorledenes se liggame is in die stroom gekry.

Die polisie het ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om wanneer daar die gevaar is van oorstromings, laagwaterbrue, riviere en strome te vermy.

 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button