Vaalrivier in vloed na sluise oop by Vaaldam: Parys inwoners vat hande om te help keer

Selfs besoekers het hand bygesit om sandsakke te pak om te keer dat vloedwater in Parys se paaie afstroom.

Vrywilligers in Parys met die hulp van plaaslike besighede het sedert gister onverpoosd begin werk om sakke en sand bymekaar te maak om voor te berei vir die stygende watervlak na 10 sluise gister by die Vaaldam oopgetrek is.

Vloedwater het in 2023 groot skade aan Parys se paaie veroorsaak toe rivierwater daarin afgeloop het.

Die gemeenskap het dus besluit om voorkomend op te tree en die sandsak-projek geloods.

Besighede, inwoners en die munisipaliteit span saam om vloedwater te probeer stuit.

Die laagwaterbrug na Gholfeieland in Parys is sedert gister onder water en gesluit vir voetgangers en verkeer met water wat sterk oor die brug spoel.

Water het opgestoot op die grasperke by die laagwaterbrug wat toegang na Parys Golf & Country Estate verleen.

Tot dusver is 400 sandsakke vol gemaak te danke aan hande uit die gemeenskap, bydraes van individue en besighede asook die Ngwathe munisipaliteit wat hul TLB beskikbaar gestel het.

Vloedwater het in 2023 groot skade aan Parys se paaie aangerig en die gemeenskap wou probeer keer dat dit weer gebeur.

Die sandsakke is reeds gepak op areas waar die vloedwater die maklikste in paaie sal invloei.

Selfs besoekers het nader gestaan en help sandsakke pad.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button