Vaalrivier na 10 damsluise oop: Baie water nou – maar daar was al baie meer

Jare se data oor die Vaalrivier se vloedvlak in Parys, dui aan dat die huidige vloed nie die ergste een nog is nie.

Oor die jare is volledig rekord gehou van vloeimeterlesings en die vlak van die Vaalrivier gemeet by die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel.

Met die Vaalrivier se water wat deur die nag effens hier gestyg het, kon daar nie meer vanoggend by die meetplaat gekom word om ‘n lesing te neem nie . Gistermiddag teen 16:45 was die laaste lesing van die Vaalrivier se watervlak by die brug 4,6m en vloei gemeet teen  3 020 kubieke meter per sekonde.

Vorige rekord

Die rekord was in 1975  met die watervlak wat toe tot 5,8m by brug gestyg het. Met die 2023 vloed het die Vaalrivier die naaste aan die rekord gekom met die watervlak wat toe 5,6m by die Schoemansdrift-brug gemeet het.

Kyk hoe het die lesings by die Schoemansdrift-brug in die verlede gelyk:

  • 17:00 – 9 Februarie 1944 – watervlak gemeet 5,303m; watervloei 3 725 kubieke meter per sekonde
  • 12:36 – 22 Februarie 1975 – watervlak gemeet 5,818m; watervloei 4 212 kubieke meter per sekonde
  • 09:12 – 8 Januarie 2011 -watervlak gemeet 5,138m; watervloei 3 533 kubieke meter per sekonde
  • 12:00 – 19 Februarie 2023 – watervlak gemeet 5,605m; watervloei 4 028 kubieke meter per sekonde.

Meer onlangse statistiek by Schoemansdrift-brug:

  • 10:00 – 7 April 2025 – watervlak gemeet op 1,850m; watervloei gemeet teen 1 464 kubieke meter per sekonde
  • 17:30 – 24 April – watervlak gemeet op 3,46m; watervloei gemeet teen 1 974 kubieke meter per sekonde

2023 vloed

Met die 2023-vloed het water in onder meer Fickstraat, die Esplenade en Venusstraat in Parys geloop en is heelwat meer water as nou gesien. Verskeie motors het in die water vasgeval.

 

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button