Verdagte vas ná vrou se moord in die Wes-Kaap
Die gemeenskap van Blomnek is geruk ná Marelize Jumas se dood, wat haar vyfjarige dogtertjie sonder ’n ma laat.
‘n Man is gistermiddag gearresteer in verband met die moord op Marelize Jumas (27) in Blomnek buite De Rust.
Oudtshoorn Courant berig die voorval het net voor 14:00 plaasgevind naby die kliniek in die Wes-Kaapse nedersetting.
Die gemeenskap is erg geruk en kwaad oor die sinnelose moord. In gesprek met die oorledene se broer, Kevin, noem hy dat hulle as ‘n familie nou met ‘n vyfjarige dogtertjie, Jasmine, sit sonder ‘n ma.

‘n Groot groep gemeenskapslede was gistermiddag op die toneel terwyl die polisie en forensiese dienste hulle ondersoek begin het. Die wit laken wat haar liggaam bedek het was ‘n stil getuienis van nog ‘n lewe wat onnodig kort geknip is.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.oudtshoorncourant.com