Potchefstroom in rou na afsterwe van geliefde ‘seun van die stad’

Medelye stroom in na die afsterwe van Rudi Strydom wat onder andere ‘n musikant in Potchefstroom was.

Potchefstromers is in rou gedompel nadat ‘n geliefde seun van die stad op Donderdag skielik oorlede is.

Rudi Strydom was bekend in Potchefstroom as musikant en hoeksteen van die eet en kuierplek Meraki at Dia Bêbado’s. Hy was meer onlangs betrokke by die neem van videos en foto’s tydens jagtogte.

Sover bekend is hy oorlede nadat hy deur ‘n by gesteek is terwyl hy op ‘n jagtog was.

Potchefstroom Herald het met sy gesin in verbinding getree wat op ‘n latere stadium die media te woord sal staan.

Medelye het van oral ingestroom na die nuus van Strydom se dood.

“Ons hart gaan uit na Meraki, Rudy en Alet. Rus in vrede klein Rudi Strydom. Jy was n groot gees,” het Mystic Boer op hulle Facebookblad gesê.

Mystic Boer se plasing op Facebook na Rudi Strydom se afsterwe.

“My Ou Maatjie. Ek sukkel om my woorde agter mekaar te sit vandag. Die hardste wat ek nog OOIT voor n stage neer gebl*ksem het, was jy die eerste persoon op my, my opgehelp, even gehelp my jeans afstof… Rus sag Man… Forever a Gentleman and a Rockstar in Our hearts!” was die woorde van PB Laas.

Ek het nie woorde nie. Behalwe dankie vir wie jy vir my en almal om jou beteken het. Sal jou vir altyd mis my dude. Slaap sag jou yster,” het Heinrich John op Facebook gesê.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button