Stad rou na afsterwe van geliefde seun
Die Potchefstroom-gemeenskap treur oor die skielike dood van Rudi Strydom.
Potchefstromers is in rou gedompel nadat ‘n geliefde seun van die stad op 3 Julie oorlede is.
Rudi Strydom wat bekend was in Potchefstroom as musikant en hoeksteen van Meraki at Dia Bêbado’s is Donderdagmiddag oorlede. Strydom was meer onlangs betrokke by die neem van videos en fotos tydens jagtogte.
Sover bekend is hy oorlede nadat hy deur ‘n by gesteek is. Dit terwyl hy op ‘n jagtog was. Die Herald het met sy gesin in verbinding getree wat op ‘n latere stadium die media te woord sal staan.

Medelye het van oral ingestroom na die nuus van Strydom se dood.
“Ons hart gaan uit na Meraki, Rudy en Alet. Rus in vrede klein Rudi Strydom. Jy was n groot gees,” het Mystic boer op hulle Facebookblad gesê.
“My Ou Maatjie. Ek sukkel om my woorde agter mekaar te sit vandag. Die hardste wat ek nog OOIT voor n stage neer gebl*ksem het, was jy die eerste persoon op my, my opgehelp, even gehelp my jeans afstof… Rus sag Man… Forever a Gentleman and a Rockstar in Our hearts!” was die woorde van PB Laas.



