Moord op Wes-Kaapse man: Inwoners omgekrap toe 12 verdagtes op ander dorp verskyn

Verdagtes wat volgens polisie in Stilbaai sou verskyn het toe hulle opwagting in Riversdal gemaak.

Groot ontevredenheid het vanoggend in beide Stilbaai en Riversdal in die Wes-Kaap geheers toe dit bevestig was dat die 12 verdagtes wat met die aanval en moord van Vivian Hartnick (35) in hegtenis geneem is, eintlik in die landdroshof op Riversdal verskyn.

Suid-Kaap Forum berig daar is gister deur die plaaslike polisie aan sy ouers gesê dat dié verdagtes op Stilbaai (ongeveer 40km verder) sou verskyn.

Die verdagtes, tussen die ouderdom van 23 en 35, het vlugtig onder groot polisie-begeleiding in die Riversdal-landdroshof verskyn waarna die saak tot Woensdag uitgestel is. Hulle bly in aanhouding.

Die oorledene is vroeër die week vanaf sy ouerhuis ontvoer en vermoedelik vermoor, waar sy liggaam Woensdagmiddag verlate op ‘n plaaspad gevind was.

Groot ontevredenheid het buite die hof geheers onder die hordes inwoners.


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.suidkaapforum.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button