Vrystaatse pa in hof verwag ná seun (6) se liggaam onder bed gevind is

Dae nadat 'n sesjarige seun volgens polisie deur sy pa van Mashaeng met 'n houtstok aangerand is, is sy liggaam onder 'n bed gevind.

’n Man van Mashaeng naby Fouriesburg in die Vrystaat sal na verwagting vandag in die Fouriesburg-landdroshof verskyn op ’n klag van moord.

Volgens Parys Gazette is die 28-jarige man in hegtenis geneem ná die tragiese ontdekking van die liggaam van sy sesjarige biologiese seun, wat onder ’n bed versteek gevind is.

Die kind is Donderdag laas deur sy ouma gesien is.

Volgens Adjudant-Offisier Mmako Mophiring word beweer dat die pa die kind daardie dag met ’n houtstok aangerand het in die teenwoordigheid van die ouma. Dit was die laaste keer dat die ouma die seuntjie gesien het.

Op Sondag omstreeks 10:40, het ’n gemeenskapslid die verdagte se woning binnegegaan en opgemerk dat dit baie donker en deurmekaar in een van die slaapkamers is. Klere was in die vertrek rondgestrooi, wat agterdog gewek het. Nadat ’n selfoonlig onder die bed ingeskyn is, het die gemeenskapslid die skokkende ontdekking van die kind se liggaam gemaak.

Die polisie en Noodmediese Dienste is onmiddellik na die toneel ontbied, waar die kind dood verklaar is. Sigbare kneusplekke is op die liggaam opgemerk.

Die verdagte is in hegtenis geneem en sal na verwagting môre in die Fouriesburg-landdroshof verskyn op ’n klag van moord het Mophiring gesê.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button