Gru-vonds in Klerksdorp: Vrou deur honde verskeur

Geen ooggetuies het nog na vore gekom nadat 'n vrou in die Noordwes gisteroggend vroeg weens veelvuldige bytwonde beswyk het nie.

Sonder enige ooggetuies om te vertel wat gebeur het, soek die Klerksdorp-polisie naarstiglik na inligting oor die dood van ‘n vrou wat gisteroggend met ernstige bytwonde gevind is.

Parys Gazette berig dat ‘n plaaslike inwoner het gisteroggend (5 Junie) omstreeks 05:45 op die lewelose liggaam van die onbekende vrou in Margaretha Prinsloo-straat afgekom en die polisie ontbied. Nooddienste was vinnig op die toneel, maar kon niks vir die vrou doen nie en het haar dood verklaar.

Volgens polisiewoordvoerder kolonel Adéle Myburgh het die oorledene verskeie duidelike bytwonde aan haar liggaam gehad. Die presiese omstandighede rondom die voorval is egter nog onduidelik.

Agt honde is kort ná die ontdekking by ’n nabygeleë erf aangetref en in die sorg van die DBV geplaas. Dié diere is intussen van kant gemaak.

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen en die ondersoek duur voort. Die vrou se identiteit kon tot op hede nie vasgestel word nie.

Dringende beroep op die publiek

As jy enige inligting het wat kan help met die ondersoek, of as jy kan bydra tot die identifisering van die oorledene, kontak asseblief die polisie deur een van die volgende kanale:

  • Speurtakbevelvoerder (Klerksdorp): Kol. JC Scholtz by 082 578 0187
  • Crime Stop (Anoniem): 08600 10111
  • Alternatief: Rapporteer dit by jou naaste polisiekantoor of gebruik die MySAPS-toepassing.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button