Man in hof nadat hy glo iemand ná rusie in George omry

'n Man word tans in 'n Wes-Kaapse hospitaal behandel nadat hy buite 'n dansplek deur 'n voertuig getref is.

’n Man het vandag in die George-landdroshof verskyn nadat ‘n ander man glo ná ’n rusie by ’n dansplek in George in die Wes-Kaap met ’n voertuig omgery is.

Volgens George Herald moet besonderhede rondom die 34-jarige verdagte se hofverskyning nog bevestig word.

Die 31-jarige beseerde man word vir hoofsaaklik kopbeserings in ‘n plaaslike hospitaal behandel.

Insident

Die voorval het Vrydagoggend (14 Augustus) omstreeks 01:55 plaasgevind. George-polisiebeamptes was besig met patrollies in Courtenaystraat toe hulle van ’n rusie buite ’n perseel in kennis gestel is.

Met hulle aankoms het hulle die man aangetref wat glo deur die voertuig getref is. Hy is vir mediese behandeling na die hospitaal geneem.

Die bestuurder, wat steeds op die toneel was, is deur die polisie in hegtenis geneem. Hy staan tereg op aanklagte van poging tot moord en dronkbestuur.

Die polisie se ondersoek na die omstandighede rondom die voorval duur voort.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.georgeherald.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Back to top button