Kyk:VF Plus-leier se visier is reeds op 2029

Dr. Corne Mulder het aan Caxton Netwerk-nuus onthul wat die VF Plus se toekomsplanne is en die rol wat dr. Pieter Groenewald in die party se sukses gespeel het.

Hoewel hy gehoop het die Vryheidsfront Plus (VF Plus) beter in Kaapstad sou vaar, is dr. Corné Mulder aangenaam verras deur die steun wat die party in die Wes-Kaap geniet.

Met 78% van die stemuitslae wat reeds teen 12:00 bekendgemaak is, het sy aandag reeds na die provinsiale en nasionale verkiesings van 2029 verskuif.

Mulder meen die munisipale verkiesingsuitslae wys dat  ‘die partye van die goeie ouens beter doen en die partye van die slegter ouens swakker doen’.  Volgens hom bied dit hoop dat regerings van ‘goeie ouens’ ná die 2029-verkiesings saamgestel kan word.

Kyk na die kort onderhoud waarin dr. Mulder praat oor verrassende uitslae in sommige gebiede, die rol van dr. Pieter Groenewald in die party se sukses by die stembus, asook sy boodskap aan kiesers noudat hulle hul kruisies getrek het. 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button