Lifestyle

Rudi Claase vereer tydens Afri-Indie Musiektoekennings

Die musikant voel bevoorreg oor sy toekennings.

Die gewilde sanger en liedjieskrywer Rudi Claase het koning gekraai by die Afri-Indie-Musiektoekennings wat onlangs by die AfriForum Teater in Menlopark plaasgevind het.

Die Rynfield-inwoner wat gereeld in Boksburg optree het die toekennings ingepalm vir beste kontemporêre album (Liedjieskrywer) en beste regstreekse manskunstenaar.

“Dankie Hemelse Vader en Afri-Indie Musiektoekennings vir hierdie voorreg. Ek is nederig, maar ook trots en baie dankbaar vir my ondersteuners. Sonder hulle sou ek nie ’n loopbaan hê nie.

“Ek is dankbaar is vir die gawe wat God vir my gegee het,” het hy gesê.

Die doel van die Afri-Indie-toekennings is om erkenning te gee aan onafhanklike kunstenaars.

Lees Ook: Rudi Claase hoop om siele te verkwik met nuwe vertoning

Lees Ook: Rudi Claase vier 21ste jaar in die musiekbedryf

   

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Tayla Smith

Tayla writes general news for the Boksburg Advertiser. She joined the publication in 2019 as a junior journalist and was promoted to senior journalist in 2022.

Related Articles

Back to top button