Son skyn ‘elke oomblik’ vir Marno van der Merwe
Mooi oomblikke, goeie tye saam met familie is wat jy sal hoor met hierdie nuwe enkelsnit.
Elke Oomblik is vars, sprankelend, reg vir somerpartytjies en lekker tye saam met geliefdes.
Marno van der Merwe glo dat mens meer tyd moet maak om goed te voel en elke oomblik te geniet. Hy stel hierdié somerteffer vry in samewerking met bekende vervaardiger, Oriison (Oh-Rise-On).
Die bekende sanger/TV-persoonlikheid meng internasionale pop klanke met eg Suid-Afrikaanse lirieke wat jou gemoed sommer dadelik sal oplig.
“Dit laat my terug verlang na matriekvakansie en die eerste keer toe ek liefde ontdek het. Mens voel goed as jy terug dink aan mooi oomblikke,” vertel Van der Merwe.
Die liedjie het ’n baie tropiese gevoel en is perfek vir sonskyn-oomblikke of enige langpad. Die organiese gevoel gemeng met Marno se strelende stem maak dat die liedjie definitief die hartsnare sal roer.
Kyk die video hier:
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.



