KOMPETISIE: Wen romantiese leesstof vir jou vakansie
Liefde is in die lug met hierdie verhale beskikbaar.
Is jy ‘n ‘sucker’ vir sappige liefdesverhale hierdie feesseisoen?
Skryf dadelik in vir hierdie kompetisie sodat jy ‘n kans kan staan om groot te wen by Rekord.
Wat kan nou lekkerder wees om by die strand te rus hierdie vakansie en die tyd te gebruik om op indrukwekkende leesstof in the haal.
So lyk die titels:

Bernadine en die babawagter
Arien Lubbe
R85.00
Bernadine stel iemand aan om na haar driejarige seuntjie te kyk. Miké se CV beïndruk haar die meeste en sy kry die pos. Maar dan blyk “Miké” eintlik Michael te wees – ’n onbeskryflik aantreklike en baie manlike ingenieur!

Alles is perfek
Dina Botha
R85.00
Die weduwee en sterrekundige, doktor Emma Holbrook, se toekomsplanne sluit nie ’n babadogtertjie in nie. Sy wil vir NASA werk en gaan haar kind laat aanneem. Maar die aantreklike dokter Simon Krynauw, wat haar dogtertjie wil aanneem maak haar hart baie deurmekaar.

Die dokter se rare fobie
Trudy Reinhardt
R85.00
Roseanne se verblyf van ses maande op die pragtige St Francisbaai word deur haar tydelike kollega, Sean Byrne, ontsier. Sy diagnoseer hom met ’n rare vrees vir velkontak. Maar die vraag is, het Sean werklik ’n vrees vir kontak of hou sy fobie eerder verband met blondines, waarvan Roseanne een is?

Die paartjieknoper
Ida Bester
R85.00
Annelle is ’n paartjieknoper, maar sy wil nie liefde vir haarself vind nie. Toe sy egter in Christiaan Verwey se oë kyk, is sy nie meer so seker sy wil Kupido se pyl ontwyk nie
KOMPETISIE:
Twee lesers het ‘n kans om elk een van hierdie titels te wen. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die inskrywingsvorm in en gebruik die sleutelwoord ‘LIEFDESBOEKE5’.



