#Kelderkonsert Sondag: Geniet Verna Vels se Liewe Heksie en die Tuindwergie in die gemak van jou sitmaker
Liewe Heksie en die Tuindwergie word eksklusief as deel van Lefra se Kelderkonserte aangebied op 4 Oktober om 5nm
Verna Vels se geliefde Liewe Heksie kruip geslag ná geslag diep in kinderharte.
Sy sukkel soms met lang woorde, maar gelukkig is Blommie die Kabouter en haar geliefde Matewis die kat altyd naby om te help. Toe Casper die tuindwerg op ’n dag wakker word in Liewe Heksie se tuin is daar drama van begin tot einde. Want wie is dit agter daardie boom? Kan dit ’n stoute Gifappeltjie wees?
Die maats moet kom uitvind, want Liewe Heksie en die Tuindwergie word eksklusief as deel van Lefra se Kelderkonserte aangebied op 4 Oktober om 5nm.
Liewe Heksie en die Tuindwergie is die laaste Liewe Heksie-storie wat Verna Vels geskryf het, spesiaal vir Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies.
“Sy was die wonderlikste en mees kreatiewe mens. Sy was bereid om al haar kennis as skrywer vir kinders met my te deel en vir my ook te leer om vir kinders te skryf,” het hy gesê. Frans voeg by dat sy maar net verstaan het hoe kinders dink en wat gryp kinders aan.
Bederf die kleinspan – en jouself – deur nou vir hierdie wonderlike produksie te bespreek by www.itickets.co.za.
Lees Ook: #Kelderkonsert Sondag: Helenè Bester sing Nana Mouskouri
Lees Ook: Geniet Groet die Groetman 2 in die gemak van jou eie huis



