Lifestyle

Mathys Roets met “Intiem en Akoesties” in Springs Tuinkonsert

Weens die inperkingsregulasies is daar beperkte sitplekke beskikbaar vir slegs 50 paartjies

Oos-Randse gehore kan uitsien na die gewilde Mathys Roets se Intiem en Akoesties-konsert te Presidents Ranch Eco Estate in Springs op 6 Maart om 7nm.

Daar word reeds vanaf 6nm gekuier, en elke gas ontvang ‘n glasie Van Loveren-wyn en ‘n pakkie Grotman Biltong. Gaste is ook welkom om ‘n piekniekmandjie en koelerboks saam te bring.

Die unieke konsert gaan heelwat materiaal van sy nuutse album, Reën, insluit.

Mathys sê dat hy baie uitsien na die tuinkonsert.

“Dis hoe ons deesdae moet konsert hou en ek moet se dis vir my heerlik om akoesties net met die kitaar en my stem op te tree. Dit gee my weer die geleentheid om net op my talent te konsentreer.

“Hierdie tuinkonserte gee ons ook die geleentheid om persoonlik met ons gehore te meng en te kuier,” sê Mathys.

Weens die nasionale inperkingsregulasies as gevolg van Covid-19 is daar beperkte sitplekke beskikbaar vir slegs 50 paartjies.

Kry jou kaartjies aanlyn by www.lefrawinkel.co.za, deur ‘n epos te stuur aan admin@lefra.com of deur Monica Booysen te skakel by 011 815 3000. Kaartjies kos R280 per persoon.

Die Lefra Tuinkonserte word aangebied met die ondersteuning van Grotman Biltong, RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wyne, Renegades Removals, Ambassador Execudrive en Savvy Holdings.

Lees Ook: Twee Applouskonserte by Carnival City te sien die week

Lees Ook: Oppiwater Kunstefeeste uitgestel na 2022

   

Related Articles

Back to top button