Lifestyle

Ma en dogter sing oor liefde

Met die boodskap van die enkelsnit wil die talentvolle kunstenaar ouers én kinders bemoedig.

Nadia Vorster van Parkrand sing oor die ware liefde tussen ’n ouer en kind in ’n emosievolle duet tussen haar en haar dogter, Alba.

Dié enkelsnit, You & Me, is onlangs vrygestel en elke ouer sal kan identifiseer met die grootste liefde wat hul ooit sal ervaar – dié vir hul kind.
“As ouer voel ’n mens dikwels dat jy dinge verkeerd doen. Jy maak soms verkeerde besluite en soms maak jy regte besluite wat jou kinders eers sal verstaan wanneer hul self kinders het,” het Vorster vertel.

“Deur dit alles is één ding perfek – en dis die liefde tussen ’n ouer en kind,” het sy bygevoeg.

Dit is Nadia en 13-jarige Alba se eerste duet wat vrygestel is, asook hul eerste Engelse liedjie met ’n country-aanslag.
You & Me is gepen deur Vorster en sanger-liedjieskrywer William Wolf wat ook sélf op radiogolwe landwyd opslae maak. Chantel van Zyl was ook deel van die skryfproses.

“Hierdie liedjie spreek boekdele oor my ervaring van ouerskap, en ek dink elke ouer en kind moet hierna luister,” het Nadia gesê.
“Ek is so trots op Alba en kan nie wag dat mense haar nou saam met my kan hoor nie.”

Volgens Alba is dit vir haar ’n eer om saam met haar ma ’n liedjie te doen en iets wat sy vir alyd sal koester.

“Ek is al van kleins af baie lief vir musiek en toneelspeel en hierdie is ’n hoogetpunt wat ek altyd gaan onthou,” het Alba vertel.
Nadia het gesê: “Ek glo dat my musiek altyd inspirerend moet wees, en You & Me lê my na aan die hart omdat ek self al moeilike besluite as ouer moes neem.”

Volgens haar verwyt sy ook haarself oor van die besluite, maar weet en vertrou sy dat dit die regte besluit op daardie stadium was.
“Met die boodskap van You & Me wil ek ouers én kinders bemoedig met die wete dat ons as gesinslede nie altyd perfek is nie, maar ons liefde vir mekaar is perfek, en dit sal ons deurdra,” het sy bygevoeg.

Nadia se liedjies is kenmerkend met die sterk boodskappe wat dit oordra sodat luisteraars dit kan koester. Sy het ook gedurende September 2020 haar enkelsnit, Vanget, vrygestel en dié liedjie speel op radiostasies landwyd.

Vroeër vanjaar het sy Hoe Jy Lyk, geskryf deur Riana Nel, vrygestel.

“Ek wil ook nog graag aan ’n Kerslied werk, want Kersfees maak my kinderlik opgewonde,” het sy gesê.
’n Musiekvideo vir You & Me is ook in die pyplyn.

Alba het ook reeds verskeie prestasies agter haar naam. Haar eerste kennismaking met die verhoog was toe sy die rol van Rooikappie in haar kleuterskoolkonsert vertolk het. Daarna was daar geen keer aan haar nie.

Lees Ook: Plaaslike musikant stel nuwe enkelsnit vry

Lees Ook: Rudi Claase se hart en siel in nuutste solo-album

   

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.

Related Articles

Back to top button