Lifestyle

5 oefenfoute wat ons almal maak

Meeste mense onderneem om meer te oefen in die nuwe jaar. Hier is 'n paar foute wat jy moet vermy.

 

1. Moenie jou inherente swakplekke ignoreer nie

As jy iets soos chroniese hartprobleme of asma het, gaan dit jou nie help om onverstandig te wees nie. Praat met jou dokter voor die tyd en maak seker dat jy die riglyne volg. So sal jy minder terugslae hê.

Lees ook: Koswenke vir die beste oefensessie

2. Moenie aanhou as jy pyn het nie

Stop, rus en probeer vastel hoekom jy pyn het. As dit jou toerusting is, gaan jy jouself baie verdriet spaar deur eerder tyd te maak om ’n skoen wat jou ’n blasie skaaf met ’n pleister uit te sorteer eerder as om vol te hou tot jy ’n groot seerplek het. Verander jou oefening of posisie as jy spierpyn ervaar.

Lees ook: Die 5 beste oefeninge wat jy by die huis kan doen

3. Moenie dieselfde oefening dag ná dag doen nie

Variasie is baie belangrik om te verhoed dat jou spiere ongebalanseerd ontwikkel, daarom moet jy oefening aan jou bo- en onderlyf afwissel. Dit sal ook voorkom dat jy jou spiere heeltemal uitput. As jy ’n fietsryer is, probeer swem, roei of vry gewigte. As jy ’n swemmer is, probeer verskillende slae en hardloop of spin op die ander dae.

Lees ook: ‘Plank’: Die een oefening wat almal elke dag moet doen

4. Let op die regte posisie as jy oefen

As jy die verkeerde tegniek of postuur het tydens oefening, oefen jy minder effektief met minder resultate. Jy kan ook beserings met die verkeerde tegniek opdoen. Doen jouself ’n guns en gaan vir ’n paar lesse by ’n kenner op jou sportgebied. Of bespreek ’n sessie by ’n persoonlike afrigter om jou in die gim dop te hou en foute tydens reeksoefeninge of gewigwerk uit te wys.

Lees ook: Stop jou nikotien-verslawing met oefening

5. Maak seker jy kry ’n ruskans

Jou spiere word sterker as hulle tyd het om te herstel. ’n Ruskans gee jou ook kans om jou motivering hoog te hou en lus te bly vir oefening.

Lees ook: 6 oefeninge wat snork stop sit

Lees ook: Oefen vir ferm boude

Die artikel 5 oefenfoute wat ons almal maak het eerste in Rooi Rose verskyn.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button