Hoe om te sê hoe erg jou pyn is
Ons verstaan mekaar beter as ons dieselfde definisies gebruik. Kyk na hierdie skaal om te verduidelik hoe intens jy pyn, emosies of iets soortgelykervaar.
Niks
Jy is pyn-vry
Lees ook: Jy vra: Is dit Ponsetti-tegniek vir klompvoet seer vir babas?
Effens
Jy het soms ligweg pyn maar jy is die meeste van die tyd onbewus daarvan
Lees ook: Vinnige, effektiewe raad vir heuppyn weens bursitis
Lig
Jy het ligte pyn wat meestal teenwoordig is en soms erger word
Lees ook: Die perfekte dieet vir maagpyn en diarree
Ongemaklik
Al pla die pyn jou kan jy dit gewoonlik hanteer
Lees ook: Drie wenke vir rugpyn
Matig
Die pyn pla jou heeltyd maar jy kan dit ignoreer en met jou lewe aangaan
Lees ook: Hoekom raak vroue makliker verslaaf aan pynpille?
Swaar
Die pyn is so steurend dat jy dit net vir ’n tydjie kan ignoreer
Lees ook: Is dit hoekom jy maagpyn het?
Hewig
Die pyn is erg en ontstellend. Dit beïnvloed jou so dat jy nie kan konsentreer nie.
Lees ook: Divertikulitis – meer as net maagpyn
Geweldig
Die pyn is so erg dat dit jou lewe omvergooi. Dit keer dat jy slaap, sosialiseer en werk
Lees ook: Fibromialgie, die pyn wat nooit ophou nie
Intens
Pyn van so ’n graad dat jy nie kan beweeg nie. Dit is selfs moeilik om te praat
Lees ook: 4 redes hoekom dit belangrik is om rugoefeninge te doen
Ontsettend
Pyn so erg dat jy nie kan praat nie maar waarskynlik huil of kerm
Lees ook: Wat jy moet weet oor motorneuronsiekte
Oorweldigend
Pyn wat veroorsaak dat jy nie meer by jou volle positiewe is nie
Die artikel Hoe om te sê hoe erg jou pyn is het eerste in Rooi Rose verskyn.



