Lifestyle

Wat beteken jou lipstiffie se vorm?

Meeste vroue het hulle eie grimeringroetine en -gewoontes, maar het jy geweet dat die vorm van jou lipstiffie jou persoonlikheid verklap?

 

Vorm 1: Die waagduiwel

Jy is waaghalsig, verbeeldingryk en baie sensueel. Kreatief met ’n goeie gees en ’n sterk persoonlikheid. Jy is lief vir verrassings en ’n vol lewe. Jou lipstiffie lyk net so avontuurlustig soos jy – albei kante is opgebruik met ’n skerp punt in die middel. Dit lyk soos die mondstuk van ’n fluitjie. Jy steur jou nie aan byeenkomste nie en gaan jou eie gang.

 

Vorm 2: Die maatjie

Jy het ’n sorgvrye ingesteldheid, jy is welsprekend en ’n gebore diplomaat. Vriende en vriendinne vra dikwels jou raad omdat jy ’n goeie luisteraar is en altyd jou eerlike opinie gee. Jy behandel jou lipstiffie net so reguit / op die man af soos jou lewe. Dit is plat bo en word betroubaar gebruik. Ander vroue sien jou nie as ’n mededinger nie en mans ervaar jou nie as ’n sekssimbool nie – dit maak nie saak hoe mooi jy lyk nie.

 

Vorm 3: Die supervrou

Jy is saggeaard, vroulik en het ’n behoefte aan vrede en harmonie. Almal voel gemaklik in jou geselskap omdat jy geen ruwe kante het nie. Jy is eenvoudig ’n wonderlike minnares, ’n uitstekende kok en ’n liefdevolle vrou vir jou man. Alles in jou lewe verloop in ’n doelgerigte en beplande wyse. Jy laat niks aan toeval oor nie. Jou lipstiffie is koelrond en glad.

 

Vorm 4: Die kragvrou

Jy het selfvertroue, lei ’n goed gebalanseerde lewe, is pligsgetrou en het ’n voorliefde vir detail. Jy het energie, is kreatief en oorkom elke struikelblok. Jy het ’n briljante geheue, dra nie wrokke nie en is altyd die middelpunt van aandag in jou vriendekring. Jou lewe beweeg opwaarts, nes die vorm van jou lipstiffie. Jy is nie die tipe vrou wie in die kombuis hoort nie – niemand kan jou beheer nie.

 

Vorm 5: Die emosionele vrou

Jy is sensitief, bedagsaam en teruggetrokke. Jou passie floreer geheimsinnig en in jou droomwêreld is alles mooier as in die werklike lewe. Jy wil simpatie, vriendskap en nabyheid hê maar word dikwels teleurgesteld. Jou begeerte na ’n intieme verhouding word in die ferm druk van jou lipstiffie weerspieël. Dit het ’n duidelike hol punt. Romantiese woorde, gedigte en liriese poësie maak van jou ’n passievolle minnares.

Bron: www.beautypress.com

Die artikel Wat beteken jou lipstiffie se vorm? het eerste in Rooi Rose verskyn.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button