Lifestyle

5 maklike maniere om onmiddellik jou bui te lig

Moet nie hartseer wees nie! Hier is vyf maklike maniere om onmiddellik jou bui te lig.

 

1 Hou op bekommer

Makliker gesê as gedaan, maar probeer. Oefen om daarvan bewus te wees en konsentreer op die oomblik. As jy iets aan jou bekommernisse kan doen, doen dit, maar as jy nie kan nie, laat dit gaan en onthou dat dit ook verby sal gaan. Nog beter, skryf jou probleme en die oplossings daarvoor neer. Dit is baie terapeuties.

Wees NOU gelukkig

iStock/AleksandarNakic

2 Kry vars lug

Bestee tyd in die natuur, asem vars lug in, jy sal weer energiek voel en jou gedagtes skoonmaak. Mense wat blootgestel word aan die buitelug is dikwels minder geneig om te ly aan depressie, slaap beter en is meer produktief.

Wees NOU gelukkig

iStock/Django

3 Wees nostalgies

Kyk na ou foto-albums of foto’s op jou selfoon, iPad of laptop. Kyk na familie- vakansies, ’n oorsese reis of ’n spesiale verjaardag. Dit sal jou laat glimlag. Of kyk na pragtige en inspirerende aanhalings en foto’s op www.pinterest.com.

Wees NOU gelukkig

iStock/Halfpoint

4 Doen goed

Doen iets onbaatsugtig; koop ’n broodjie vir die bedelaar op die hoek, skenk kos aan ’n diere skuiling, stuur vir jou ma of suster ’n bos blomme (’net omdat’). Doen iets onverwags vir ander en dit sal jou laat goed voel oor jouself.

Wees NOU gelukkig

iStock/Steve Debenport

5 Bederf jouself

Ons sê nie gee al jou geld uit nie, maar soms is ’n bietjie kleinhandel-terapie die moeite werd. Bederf jouself met ’n massering of ’n manikuur, jou gunsteling tydskrif of CD, ’n cappuccino en sny koek, of dalk selfs ’n nuwe parfuum (sitrus-geure is bekend om jou bui te lig). Moet net nie oorboord gaan nie dan dit jy later met die skuld-faktor en dit is teenproduktief!

Wees NOU gelukkig

iStock/Sasha_Suzi

Die artikel Vyf maklike maniere om onmiddellik jou bui te lig het eerste in Rooi Rose verskyn.

Related Articles

 
Back to top button