Lifestyle
Verbloem só fyn plooie
Is daardie fyn plooie op jou gesig besig om jou by die mure op te dryf? Hier is hoe jy van dit kan ontslae raak.

Vraag
Wat is die beste manier om fyn plooitjies op my gesig te verbloem? – Janine
Antwoord
Gebruik ’n goeie voorbereidingslagie (primer) onder jou onderlaag. Dis ’n produk wat al die fyn (én dieper) lyntjies en vergrote porieë opvul en jou vel egaliger laat lyk. Die voorbereidingslagie laat ook jou onderlaag langer aanbly. Vermy ’n mat- of poeieronderlaag omdat dit die voorkoms van ongewenste fyn lyne sal beklemtoon – kies liewer ’n deursigtiger, vloeibare, glansende onderlaag.
*Marlinette Newman is ’n vryskut haar- en grimeerkunstenaar van Kaapstad.
Ons sê, probeer:



Lees ook: Ons 20 beste grimeerwenke
Die artikel Verbloem só fyn plooie het eerste in Rooi Rose verskyn.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.