Lifestyle

Toets jouself vir asma

Het jy 'n lastige hoes wat nie wil weggaan nie? Doen hierdie vinnige toets om te bepaal hoe ernstig dit kan wees.

 

1 Hoes jy al langer as drie weke (2 punte); korter as twee weke (1 punt); glad nie (0 punte)

2 Hoes jy snags (1 punt); nie snags nie (0 punte)

3 Is jy altyd kortasem (1 punt); soms (2 punte); nooit (0 punte)

4 Fluit jou bors meer as drie keer per dag (3 punte); een of twee keer per dag (2 punte); ’n paar keer per week (1 punt); nooit (0 punte)

5 Voel jy daagliks benoud (2 punte); soms (1 punt); nooit (0 punte)

 

Gee vir jouself een punt vir elkeen van die volgende groepe wat jou simptome laat vererger

• verandering in lugtemperatuur of weer soos wind, vogtigheid of droë lug

• rook, rookmis of motoruitlaatgasse

• sekere kosse

• kontak met diere

• stuifmeel of lente

• parfuum, skoonmaakmiddels, spuitmiddels

• oefening

 

Jou punte

• 0-5 punte geen asma.
• 5-10 punte moontlik asma of dalk ’n ander longtoestand. Laat ’n dokter kyk.
• 10 punte of meer baie waarskynlik asma of ’n ander longkwaal. Jy móét dokter toe gaan vir ’n behoorlike ondersoek.

 

Lees ook: Is jou kind ADHD of begaafd?

Die artikel Toets jouself vir asma het eerste in Rooi Rose verskyn.

Related Articles

 
Back to top button