Lifestyle

Hoe om jou wit tekkies te was

Die idee van wit skoene kan soms intimiderend wees, veral as mens dink aan hoe om dit skoon te hou. Hier is hoe jy dit doen.

8 wenke om jou wit tekkies skoon te hou

1 Borsel eers die oortollige vuilheid met ’n borseltjie af.

2 Gebruik ’n bio-skoonmaakmiddel wat geskik is vir handewas om vuil sneakers aan te pak. Jy kan bleikmiddels op wit tekkies gebruik, maak net seker dit is verdun. Die meeste skoenversorgingsgidse stel voor dat jy een ​​deel bleikmiddel met vyf dele water meng. Indien jy meer gebruik, loop jy die risiko om jou wit tekkies geel te maak.

3 Toets eers die produk op ’n klein stukkie van die skoen, iewers waar dit nie so sigbaar is nie, om te verseker dat daar geen nadelige uitwerking op die materiaal is nie.

4 Gebruik ’n lappie om die mengsel van louwarm water en die seep oor die materiaal en sintetiese dele van die skoen te vryf.

5 Gebruik ’n ou tandeborsel vir moeilik bereikbare plekke. Skrop die skoene saggies en spoel dit af met warm water wanneer jy klaar is.

6 Sodra jy klaar is, droog die skoene by kamertemperatuur. Jy kan dit met papier stop om vorm die te behou, maar maak seker jy vervang die papier terwyl dit droog word om die proses te bespoedig.

7 Handwas jou skoenveters met seep en warm water.

8 Moet nooit jou sneakers in die wasmasjien of tuimeldroeër sit nie en vermy direkte sonlig of hitte op die skoene.

Lees ook: 5 moderne maniere om pêrels te dra

Hooffoto: Loannes Marc vir Pexels

Die artikel Hoe om jou wit tekkies te was het eerste in Rooi Rose verskyn.

Related Articles

 
Back to top button