Lifestyle

7 tekens dat ‘n man dokter toe moet gaan

Vir ’n vrou is ’n borsondersoek niks vreemd nie – maar meeste mans is nie gewoond aan so iets nie. Waarvoor moet mans op die uitkyk wees?

Mans moet dokter toe gaan as hulle enige van hierdie 7 tekens sien:

Testikelkanker

  • ’n Knop in een of altwee testikels – ertjiegrootte of groter.
  • Dit is normaal dat een testikel groter is as die ander een. Maar as een al groter of al kleiner raak, is daar fout.
  • Pyn in die buik, skrotum en/of testikel.

Lees ook: Moet jy testosteroonaanvullings oorweeg? 

Dis belangrik om te onthou …

Testikelkanker is verrassend algemeen onder mans jonger as 35.

Lees ook: Wat jy moet weet oor kanker en seks

Prostaatkanker

  • Urinering is moeilik, min, baie gereeld, brand en/of pynlik.
  • Bruinerige urien.
  • Pyn in die bobene, heupe en/of lae rug.
  • Voete en bene voel swak en  selfs lam.

Lees ook: Die oorsake van lae libido in mans

Dis belangrik om te onthou … 

Dit kan ook maar net dui op ’n vergrote prostaat, wat doodnormaal is. Maar laat ’n dokter kyk en seker maak.

Lees ook: Wat jy moet weet oor erektiele disfunksie

 

Die artikel Mans moet dokter toe gaan as hulle enige van hierdie 7 tekens sien het eerste in Rooi Rose verskyn.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button