Lifestyle

Hoekom dit belangrik is om jou middagetetyd te neem

’n Ruskans op die regte tyd, veral oor middagete, kan produktiwiteit en algemene gesondheid verbeter, kreatiwiteit aanwakker en gesonde gewoontes in die werksplek kweek.

 

Het jy geweet?

Een uit drie Suid-Afrikaanse werkers neem nooit hul volle middagete nie. ’n Meningsopname onder meer as 3 000 werkers het ook getoon dat meer as ’n derde van hulle glad nie hul middagete neem nie.

Lees ook: Werk jy lekker?

 

 

 

Hoeveel tyd is dit regtig?

Hierdie ekstra ure kan omgeskakel word in twee en ’n half jaar se gratis oortydwerk in ’n leeftyd. Dit klink na ’n goeie meevallertjie vir ’n werkgewer, maar dit kom teen ’n prys.

Lees ook: Introvert? Hier is netwerkraad

 

Hoekom dit belangrik is om jou middagetetyd te neem

iStock/BrianAJackson

 

Lees ook: Hou bekommernis oor werk jou wakker? Hier is 11 goed wat jy kan doen

Kry só ’n verhoging

Die prys van om nie middagete te neem nie

In baie gevalle voel flukse Fanies dat dit van hulle verwag word om die blaaskans te verbeur, of glo dat hoe meer ure hulle voor hul lessenaar sit en swoeg, hoe meer sal hulle bewonder en beloon word.

Tog bewys studies dat ’n breuk op die regte tyd, en veral oor middagete, produktiwiteit en algemene gesondheid kan verbeter, kreatiwiteit aanwakker en gesonde gewoontes in die werkplek kweek.

Of jy jou middagete inboet oor ekstra werk, om vroeër huis toe te gaan, of omdat jy niks beters het om te doen nie, weet dat jy nie noodwendig tyd spaar nie.

Die kans is goed dat jy hierna stadiger en minder doeltreffend werk omdat jy moeg is.

Toe, gebruik daardie blaaskans en voel verfris en slimmer.

 

Hoekom dit belangrik is om jou middagetetyd te neem

iStock/jacoblund

 

Lees ook: ‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

 

Die artikel Hoekom dit belangrik is om jou middagetetyd te neem het eerste in Rooi Rose verskyn.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button