Lifestyle
Pampoenbredie
Die pampoenbredieresep is genoeg vir vier, maar dis so lekker jy gaan alles self wil opeet.


1. Verhit die olie in ’n groot kastrol oor hoë hitte en braai die vleis daarin tot goudbruin. Geur na smaak.
2. Voeg die uie by en braai vir 5 min. Tot sag en bruin. Meng die helfte van die pampoen en water by. Verlaag die temperatuur, bedek en prut vir 30 min.
3. Voeg die brandrissie, naeltjies, kaneel, suiker en botter by en prut vir 30 min. tot ’n uur of tot die vleis sag is. Geur na smaak.
4. Voorverhit die oond tot 200 °C.
5. PAMPOENWIGGIES: Sit die pampoen in ’n oondpan en drup die heuning en olie oor. Geur na smaak en bak vir 30 min. Tot gekaramelliseer en gaar.
6. Meng die pampoenwiggies en die pietersielie deur die bredie en bedien.

Lees ook:
Die artikel Pampoenbredie het eerste in Rooi Rose verskyn.
Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.