2 vas ná jong ma in Wes-Kaap met byl aangerand is
'n Ma van drie jong seuns sterk tans in die Groote Schuur-hospitaal aan nadat sy in Heidelberg met 'n byl aangerand is.
Twee mans van Heidelberg in die Wes-Kaap, onderskeidelik 39 en 40 jaar oud, is agter tralies nadat hulle glo ‘n jong ma met ‘n byl aangerand het.
Die slagoffer (33) – ‘n ma van drie jong seuns – is glo Sondagoggend per ambulans na ‘n hospitaal in George vervoer en vroeg Maandagoggend per lugambulans na Groote Schuur-hospitaal oorgeplaas met ernstige kopbeserings.
Sy het Dinsdagaand ‘n suksesvolle operasie ondergaan en is volgens haar ma buite gevaar.
Die twee mans het gister vlugtig in die hof op Swellendam verskyn.
Die saak is tot Maandag uitgestel waar hulle weer in Heidelberg-landroshof sal verskyn.
Read original story on www.suidkaapforum.com
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!