20-jarige sterf ná steekvoorval in George

Die polisie is na die hospitaal ontbied nadat ‘n jong man van Pacaltsdorp met ‘n steekwond opgeneem is, maar met hul aankoms was hy reeds dood.

Die Pacaltsdorp-polisie het ’n moorddossier geopen nadat ’n jong man die afgelope naweek doodgesteek is in die Wes-Kaapse woonbuurt.

Kehanno Noordman (20) is laat Saterdagaand aan die agterkant van die plaaslike hoërskool in Beachweg gesteek, berig George Herald.

Hy is na die hospitaal geneem, waar hy Sondagmiddag aan sy wonde beswyk het.

Twee persone, onderskeidelik 18 en 21 jaar oud, is gisteroggend (27 April), in verband met die moord aangekeer.

Ao. Chris Spies, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die arrestasies bevestig en gesê beskikbare inligting oor die voorval is skraps en die moontlike motief nog onbekend.

“Die polisie is na die hospitaal ontbied, maar met hul aankoms was die oorledene reeds dood verklaar. Die oorledene het vermoedelik die steekwond opgedoen tydens ’n konfrontasie met ’n groep mense aan die agterkant van Hoërskool Pacaltsdorp,” sê Spies.

Intussen het Charly Daman, voorsitter van die gemeenskapsorganisasie Pacaltsdorp Mans- en Vrouegroep, sy kommer uitgespreek oor die voorvalle in Pacaltsdorp die afgelope langnaweek.

“Vandag vier ons Vryheidsdag, maar ons is nie vry van misdaad nie; ons is nie veilig nie. Ons innige meegevoel aan die familie van die oorledene. Een moord is een te veel.”

Daman meen die polisie kan meer doen. “Pacaltsdorp het ná byna 16 maande steeds nie ’n gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) nie. Dit is iets wat onmiddellik reggestel moet word sodat misdaad doeltreffend bekamp kan word.”

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.georgeherald.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Back to top button