4-jarige na bewering deur oom verkrag by verjaardagpartytjie in Mosselbaai

4-jarige na bewering deur oom in Mosselbaai verkrag

‘n Man van Mosselbaai (40) sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van die verkagting van ‘n vierjarige kind.

Polisiebeamptes van die Mosselbaai se eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe het die man gister by sy werk in die dorp in hegtenis geneem.

Sy inhegtenisname spruit uit ‘n beweerde voorval op 3 April tydens die man se 40ste verjaarsdag by ‘n huis in Heiderand.

Die verdagte is ‘n familielid van die slagoffer.

Die dogtertjie het na die voorval vir haar ma vertel wat gebeur het waarna ‘n saak by die polisie aanhangig gemaak is.

Read original story on www.mosselbayadvertiser.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button