69 klagte van bedrog: Sakeman oorlede voor hofsaak hervat

Bedrogbeskuldigde Ben Otto is Sondag oorlede en sal dus nooit in die hof verantwoording kan doen oor die bewerings teen hom nie.

Die beskuldigde in ‘n bedrogsaak, Ben Otto, is Sondag in Potchefstroom oorlede.

Potchefstroom Herald berig hy het ‘n beroerte en bloeding op die brein gekry waarna hy oorlede is.

Otto is in September 2022 in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog. Hy is kort na sy arrestasie op borgtog van R10 000 vrygelaat. Hy sou op 15 Mei weer in die hof in Klerksdorp verskyn.

Die Valke se woordvoerder, Kaptein Tlangelani Rikhotso, het in September 2022 bevestig dat Otto vir 69 klagte van bedrog en 31 klagte van geldwassery aangekla word. Die Valke het verduidelik dat dit aan die lig gekom het dat RSA Search, die maatskappy wat aan Otto behoort het, soos ‘n Piramide-skema funksioneer, aangesien fondse van nuwe beleggers gebruik is om die uitstaande dividende van vroeëre beleggers te betaal. Baie beleggers het na bewering nooit hulle geld teruggekry nie.

Otto sal nooit in nie in die hof verantwoording kan doen oor die bewerings teen hom nie. Mense wat reeds eise ingestel het, se eise sal nou teen die boedel wees. Mense wat nog eise wil instel sal die likwidateur of kurator van die insolvente boedel moet kontak.

Otto het deurlopend die klagtes teen hom ontken.

“Ek het nooit gewoeker met die geld van beleggers af nie. Die ooreenkoms was dat beleggers in die winste van die onderneming sou deel. Daar is weens die [Covid-19-]pandemie nou nie meer ‘n inkomste nie. Kapitaal is gebruik om die besigheid te adverteer en te laat groei. Ek het myself nie deur die beleggings verryk nie,” het Otto destyds aan die koerant gesê.

‘n Gedenkdiens word volgende Maandag vir hom gehou.


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button