Sakeman oorlede voor hofsaak hervat
Hy het 'n beroerte en bloeding op die brein gekry waarna hy oorlede is. 'n Gedenkdiens word op 7 April vir hom gehou.
Die beskuldigde, in ‘n bedrogsaak, Ben Otto, is Sondag oorlede.
Hy het ‘n beroerte en bloeding op die brein gekry waarna hy oorlede is. ‘n Gedenkdiens word op 7 April vir hom gehou.
Otto is in September 2022 in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog. Hy is kort na sy arrestasie op borgtog van R10 000 vrygelaat. Hy sou op 15 Mei weer in die hof verskyn.
Die Valke se woordvoerder, Kapt. Tlangelani Rikhotso het in September 2022 bevestig dat Otto vir 69 klagtes van bedrog en 31 klagtes van geldwassery aangekla word. Die Valke het verduidelik dat dit aan die lig gekom het dat RSA Search, die maatskappy wat aan Otto behoort het, soos ‘n Piramide-skema funksioneer, aangesien fondse van nuwe beleggers gebruik is om die uitstaande dividende van vroeëre beleggers te betaal. Baie beleggers het na bewering nooit hul geld teruggekry nie.
Otto sal nooit in nie in die hof verantwoording kan doen oor die bewerings teen hom nie. Mense wat reeds eise ingestel het sal nou teen die boedel wees. Mense wat nog eise wil instel sal die likwidateur of kurator van die insolvente boedlel moet kontak.
Hy het deurlopend die klagtes teen hom ontken.
“Ek het nooit gewoeker met die geld van beleggers af nie. Die ooreenkoms was dat beleggers in die winste van die onderneming sou deel. Daar is weens die pandemie nou nie meer ‘n inkomste nie. Kapitaal is gebruik om die besigheid te adverteer en te laat groei. Ek het myself nie deur die beleggings verryk nie,” het Otto destyds aan die Herald gesê.



